Psalm 8
Skrywers Nota: Willem Greyling, Vader, Broer, Swaer, Oupa en beste Vriend, verhuis en word ingewag deur geliefdes wat hom vooraf gegaan het. Rus In Vrede geliefde, ons gaan jou mis, geniet die vrede in God se huis!
Vreugdevolle viering
Hoe heerlik is u Naam, Heer ons G-d!
U het vir Willem Greyling kom haal
Hoe heerlik is u Naam, Heer ons G-d!
U het aan hom gedink en van sy siel besit geneem
Op die hele planeet (die aarde, U skeping)
Het U vir Willem huistoe geneem.
Hoe wonderlik is u naam op die hele planeet aarde?
U het u heerlikheid bo die hemel gestel
En die maan en sterre geplaas in die Hemelruim
Wat is die waarde van die mens dat U aan hom dink?
En die mensekind, dat U hom besoek?
En hom laat bewaak deur engele
En hom bekroon met heerlikheid en eer.
Hoe wonderlik is u naam
Hoe voortreflik is u naam o Heer
Hoe wonderlik is u naam op die hele planeet aarde?
Koning van die konings, U is G-d
Koning van Konings, is U naam
Verheerlik op die hele planeet aarde
Koning van die konings, U is G-d
Koning van Konings, is U naam
Verheerlik op die hele aarde Oh oh oh
Wonderlike berader
Magtige God, Vader
Verheerlik op die hele planeet aarde
En U is die magtige vader alleen
Vredevors is U naam
Verheerlik oor die hele Skepping!
U het Willem Greyling huistoe geneem!
Amen