NUWE DAGBREEK 1994
Video: https://youtu.be/GH6SqU7QdLU
Dis vrede man, die oorlog en Apartheid is verby! Hoor jy die mense skreeu die strate vol? Sien jy die hele wêreld is op hol? Mandela is vry
Kom hier’s ‘n bottel soetwyn: laat ons drink! FW, ons President het ons nasie in die see gesink; En daarvoor die Nobel Prys saam met Mandela gekry!
Ons het geen land meer nie; dis klaar met kees! Dis vrede nou! Kom skreeu — of is jy hees van lag? Nou, lag maar, want die storie is uit: Die Nuwe Suid Afrika
Ons nasie is weg, ons kan maar daarna fluit! Drink, drink jou glas! Die son skyn deur die wyn Is dit soet, of smaak dit soos asyn?
Nou ja, kom staan hier by die venster en skou met my al die gedoente aan.
Daar waai die Unie Vlag, daar word met swart gebalde vuis Uhuru geskree en op die bors geslaan.
Die aandeelmark val weer, en ons daarmee!
Wat is ons land teenoor die aandeelmark? Wat is ‘n kanarievoel teenoor die vark?
‘n Lelieblom teenoor ‘n stronk tabak? Ons nasie, wat so wild was, is nou mak En kan getrein word soos ‘n bob’jaan, wat as hy steeks is, die vyand weer goed kan slaan!
Viva! Viva! Skreeu saam met my: Dis vrede nou; die oorlog en Apartheid is verby!
Dis vrede man; die oorlog is verby! Hoor jy daaragter hoe die mense huil? Hoor jy ‘n sug, ‘n klag? — Dis maar ‘n uil — Die Rooi en Geel voëls is orals rond,
selfs in die stad en orals skreeu hul,orals om ons en in ons pad: Hul weet ons was gekul!
Ons hou saam ‘n Vredeskongres hier, net soos dit betaam; Paseer mooi resolusies; maak geraas en groot lawaai; en gee dan leierloos oor
Want ons leiers is skaam en bang vir die roer, En raak sommer ook ontslae van ons swaard! E=MC² is nie meer nie en ons wetenskaplikes in oneer!
En Afrikaner Politieke Leiers laat die volk steier!
Word beloon met die vyand se Verraad Kaart en spreek in sy taal
En die Anglikaanse Priester, in rooi getooi, sit vooroor; dit lyk of hy huil, maar hy lag die trane rol!
Nou is die storie uit: die leë geldkas Staan droog,wat vroeër vol geld was; Die put wat helder water eens kon gee, Is vol trane, souter as die see -
So brak as ooit ‘n pan in die woestyn Waarop die son aldae helder skyn — En bitter net soos gal, want in die put het ons ou volk sy trane afgeskud;
En ons moet daarvan drink, die jare deur. Al sal die smaak ons hart en siel verskeur.
Nee, boetie, nee, kom skreeu hoerê met my: Dis vrede nou: die oorlog is verby!
Dis vrede man: die oorlog is verby! Sien jy die bloed is die strate vol? Ek sien ‘n ramp, Boere word vermoor, so erg soos in ‘n Konsentrasiekamp. Die geel en rooi voëls kyk anderpad as die moord gebeur en die konstitusie word net ‘n waardelose stuk papier.
Wette word gepasseer om die Boer se grond te vat sonder betaling en vir eie gewin met duisende grafte, elk waarin bewaar word ‘n Skat van alles wat was, wat God aan Suid Afrika gegee het om eenmaal aan ons land, In tyd en nood, toe te vertrou as pand!
Die Boer was die sterkste van ons almal — hy wat met gebed en hoop kon saamstry! Hy het die swaarste deel van ons lot Gedra, gehelp,getroos, gesteun deur God; En as jy daaraan moet dink, dan moet jy glo — Al twyfel jy — daar is tog Iemand, ‘n God daar bo!
En die boer se vrou; tot yster gemaak van die beste staal, Met soveel troos haar steun en hoop betaal.
Maar dan weer dink jy aan haar smart en aan die grafte wat daar langs die teerpad staan. en voel jy weer die twyfel, want ‘n mens is swak! Waarom het Hy die boom gesnoei, die tak so kort afgekap tot aan die stam? Waarom
Het hy ons lot so skeef gemaak en krom?
Nee, boetie, drink met my; skreeu saam met my: Die ANC regeer, daar is vrede nou; die oorlog is verby! Dis vrede nou; die oorlog en Apartheid is verby! Hoor jy die mense skreeu Uhuru?
Ek hoor ‘n dowwe gekerm en gekreun in my oor. Ver op die vlakte dryf die wolke neer; Daar slaan die blits, daar dreun die donderweer, die hael, elke korrel soos ‘n kersiepit,maak die veld net soos marmer wit en dek die graf van nog ‘n Boere kind.
En deur die haelbui van moord, huil die noordewind, spoel die swartvloed van Coronavirus oor ons grense heen, gedra deur onwettige indringers en ons eie mense genoeg geld verdien, om met elke kind gebaar in die son sit en weier om te werk.
Hoog was die volk se hoop, maar het gou verander in wanhoop en wat nou swaar druk op ons hart! Ons land is duur: die prys net verdriet en smart! En wie meer as ons, het ons ons deel gegee. Ons siel ontroof van liefde, om daarmee ons borg te staan; en het ons onnodig gedra aan die skuld van gister en die dag daarna; Op rots het ons gebou, en nie op sand — Die Boer Vrou Heldin en Kind! Die beste wat ons land nog gebaar het!
Skreeu hoerê vir hulle
As jy moet skreeu — maar liewers man, bedaar en skink weer met my ‘n glas bloed wyn: Dit sal die maal suurmaak soos asyn, maar verbeel jou maar dis heuning, soet soos suiker- en eet saam met my.
Drink op die ANC naam: die oorlog en Apartheid is verby
Dis vrede nou; die oorlog is verby!
Dis vrede ja! maar die swartman wil ons nie laat begaan?
Sal ons ons ooit weer self regeer, nie meer oor ons skouer loer; en op die môre wag! Om kos te kook, te braai, te stoof, te smoor? Nie meer ‘n dubele las betaal? Weer hoor hoe mooi ons taal in die onweer helder klink? Sal ons die Afrikaner siel laat roes? Die siel het geblink tot aan die Suiderkruis toe die donker nag rondom om ons was en niemand van ons die dag verwag het nie; toe het haar Afrikaner lig gestaan as leidster vir ons, ligter as die maan en die son, En nou is dit weer nood. Swartmense wil ons taal en ons met hul rassisme verwoes!
Dis vrede, maar ons siel is nog nie dood: Daar is Solidariteit en AfriForum nog om ons te lei en in die Howe oor ons te waak en vir ons te baklei! En die Vryheids Front Plus wat getuie van die verwoesting in die Parlement is
Die swaar , swaar die geforseerde vrede plig; Die harde taak om weer te bou!
Die vraag is sal ons dit hierdie keer behou? Wat voor ons lê, die lewe wat vir ons wag, Ons donkerpad, so helder as die dag.
Waak oor die Afrikaner stem! let op die siel! Behou die beste wat ons nasie het — die vrou! Gooi neer die glas; skop die stukke opsy: Daaruit sal ons geen ander heildronk drink as die aan haar!
Maar roep man, tot dit klink: Die vrede is uiteindelik daar; die verlede is verby en die Afrikaner Vry!