I Love You
By Ella Wheeler Wilcox
I love your lips when they’re wet with wine.
And red with a wild desire;
I love your eyes when the love-light lies
Lit with a passionate fire.
I love your arms with the warm white flesh.
Touches mine in a fond embrace;
I love your hair when the strands enmesh
Your kisses against my face.
Not for me the cold, calm kiss
If a virgin’s bloodless love;
Not for me the saint’s white bliss,
Nor the heart of a spotless dove.
But give me the love that so freely gives
And laughs at the whole world’s blame,
With your body so young and warm in my arms,
It sets my weak heart aflame.
So kiss me sweet with your warm wet mouth,
Fragrant with ruby wine,
And say with a fervour born of the South
That your body and my soul are ours.
Clasp me close in your warm young arms,
While the pale stars shine above,
And we’ll live our whole young lives away
Pregnant with living love.
Ek het jou lief
Ella Wheeler Wilcox
https://youtu.be/TxGTEUpTPlU
Ek hou van jou lippe as hulle nat is van die wyn.
En bloos met ‘n wilde begeerte;
Ek hou van jou oë waar die liefdeslig lê
En gloei met ‘n passievolle vuur.
Ek hou van jou liggaam met die warm vlees.
Wat myne met liefdevolle omhelsing aanraak;
Ek hou van jou verstrengelde hare
Wat teen my gesig plak as jy my soen.
Nie die koue, kalm soen
Van die bloedlose liefde van ‘n maagd nie;
Nie vir my die onskuldige soen van die heilige nie,
Ook nie die hart van ‘n vlekkelose duif nie.
Maar gee my die vrypostige liefde wat verniet is
En lag vir die hele wêreld wat ons blameer,
Met jou liggaam so jonk en warm in my arms,
Dit laat my hart versnel, en in my keelpols.
Soen my soet met jou warm nat mond,
Ge-geur met robyn wyn,
En sê met ‘n passie gebore in die Suide
Dat jou liggaam en my siel ons s’n is.
Hou my vas in jou warm jong arms,
Terwyl die sterre in die naglig, hierbo skyn,
En ons sal leef met ons hele jong lewens
Swanger in lewende liefde.
Vertaal in Afrikaans: Mattheus Frederik.
Skrywer Nota: Ek het die pragtige Engelse Gedig vertaal met die Jong Span verliefdes en verliefdes asook ouer mense wat nog jonk van gees is ingedagte. Lewer aseblief kommentaar en ek skryf nog meer vir die Afrikaner en ons Engelse Vriende. Luister ook aseblief na die gesprek en musiek wat Ingebed is.