Huldeblyk aan Japie van Zyl

Mattheus Frederik
5 min readAug 31, 2020

--

Skrywersnota: Inligting uit Gonwana Files en die Afrikaanse en Engelse gedigte is albei geskryf deur die skrywer, Mattheus Frederik.

Op daardie skitterende dag op 20 Julie 1969 het Japie se ma na sy kamer in Opuwo, in die noordweste van Namibië, gegaan en hom wakker gemaak sodat hy na die maan landing kon luister. ‘Jy sal later in jou lewe meer as genoeg tyd hê om te slaap,’ het sy hom aangepor terwyl hulle die sitkamer binnestorm om na die radio te luister terwyl dit knetter as gevolg van die swak sein. Uiteindelik kom Neil Armstrong se legendariese woorde oor die eter:

‘Dit is een klein stap vir die mens, een reuse-sprong vir die mensdom ‘

het hy gesê toe hy op die poeieragtige oppervlak van die maan stap. Vandag, baie jare later, as deel van die NASA-span van die Mars Science Laboratory wat op 6 Augustus op Mars geland het, onthou Dr. Japie van Zyl die gebeure wat sy lewe beïnvloed het. Hy is nou bevriend met Buzz Aldrin, die tweede persoon wat op daardie belangrike dag op die maan geloop het. Japie het ‘n getekende plakkaat van die drie ruimtevaarders van Apollo 11 aan sy slaapkamer muur gehang en in sy drome gehoop dat hy hulle eendag sou kon ontmoet.

Sy ander sterk herinneringe aan sy kinderjare kom van sy vader, Ben van Zyl, die kommissaris van die Kaokoveld van 1942–1981 na wie die skrikwekkende Van Zyl’s Pass vernoem is. Japie het as kind gereeld saam met sy vader in die Kaokoveld gereis, en hy onthou dat hy een nag in die oopte op die sand gelê en gekyk het na die glinsterende hemel en toe ‘bewegende sterre’ opgemerk het. Sy vader het hom geduldig en rustig verduidelik wat ‘n satelliet is en dit het sy bekoring oor sterre en planete wat buite die aarde lê, verder aangewakker.

Vier mense het gehelp om Japie na NASA en sy studie oor sterre en planete aan te help. Die eerste persoon was sy aanstaande skoonpa, Binga Louw, wat aangebied het om sy studie te betaal as hy belowe om nooit sy dogter van die aanbod te vertel nie. Binga het Japie aangemoedig om sy talente te gebruik en hom finansiële ondersteuning te gee om dit te verwesentlik.

Die tweede persoon was Twakkies du Toit, ‘n voormalige onderwyser van Outjo. Toe Japie vir hom sê dat hy as ‘n ingenieur wil studeer en by Telecom aansoek gaan doen om ‘n beurs, het Twakkies hom omgepraat om eerder vir ‘n beurs by Krygkor aansoek te doen. Japie het dit gedoen en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer. Sy ma het hom probeer voorberei, in die dae toe hy gedink het hy gaan dokter word, deur aan hom te sê: “Dokters bou nie satelliete nie Japie, jy moet ‘n ingenieur word om dit te kan doen.”

Die volgende persoon wat hom op sy pad gerig het, was sy goeie vriend en baas, Dave Harrison. Nadat Japie sy militêre diens in die vloot voltooi het met vriende gesels het oor waar hy verder kon studeer, het Dave hom aangemoedig om aan die top twintig universiteite in die wêreld te skryf. Dave het hom afgeraai om nie aan universiteite in die Verenigde Koninkryk te studeer nie. ‘Hulle sal nie van jou aksent in Engeland hou nie, maar gaan eerder na die VSA.’

Japie het besluit om sy meestersgraad in elektriese ingenieurswese aan die California Institute of Technology (Caltech) te doen, en nie in Boston nie omdat dit te koud daar was. Na ‘n stadige begin het Japie besef dat hy hom meer moes inspan as voorheen, om sy goeie akademiese rekord voort te sit. By die viering van sy sukses by die kampus klub vra sy professor, Prof Elachii, hom of hy met ‘n doktorsgraad wil voortgaan. Toe Japie antwoord dat hy nie die fondse het om dit te doen nie, bied die professor aan om vir Japie se studies te betaal en verseker dit Japie op sy koers na die sterre.

Die Opuwo-seun, wat grootgeword het en na die hemel gekyk het, het na sy studie vir NASA se Jet Propulsion Laboratory (JPL) gaan werk, die voorste Amerikaanse sentrum vir robot eksplorasie in die sonnestelsel. Japie beklee verskeie posisies van toenemende verantwoordelikheid in die radar program vir sintetiese diafragma en is vandag die mede-direkteur van “Project Formulation and Strategy”. Japie het nederig gebly en gesê dat hy die voortreflikste werk op aarde het, en hy was in die beplanning van ‘n volgende planeet reis toe hy ‘n paar dae gelede oorlede is.

Japie het ook gesê dat hy in sy beroep in die voetspore van God gestap het en daarom glo hy dat God bestaan en die Groot Skepper is!

Video l Silencio: https://youtu.be/dL3nNRvd2N0

The Sky Is Not The Limit-Credit Gondwana Files

Kind van die Namib,
Wat kan ek jou bied -
Vele maanligdrome
Sprokies, n lied;
Die wêreld as woning.
Die sand as n bed.
Om na sterre te kyk?

Maar dit, dit is nie al wat ek het.
Vra jy net vriendskap,
Net een wat verstaan;
Of droom jy van liefde.
Wat nooit sal vergaan?
Dan loop ons paaie.
Hier aanmekaar,
Want ek droom van die sterre.
En ek weet jy, Kalfie, mooiste vrou.
Sal dit nooit ontken en ook verstaan.

Die goue kastele,
Geskep deur God se hand,
Sal oud word maar nooit vergaan,
Want kyk; dit is ons kinders.
Elkeen sal in sterlig en ewigheid baljaar.
Aardse kinders sal ook daar wees.
Om soos ons die hede met ewigheid te ruil.
Om vir altyd by ons Namib hemel kinders te wees.

Tribute to Japie van Zyl

Video L Silencio: https://youtu.be/mufSkxC-s3Q

Japie en Kalfie visit Namibia

Child of the Namib,
What can I offer you?
Some moonlight dreams.
A fairy tale, a song;
The world as home.
The sand as a bed to view stars?

But this, that’s not all I have.
Are you just asking for friendship?
The only one who understands;
Or do you dream of love?
Which will never perish?
Then we walk our paths here together,
Because I dream of the stars.
And I know you, Kalfie, most beautiful woman.
You will never deny and understand.

The golden castles,
Created by God’s hand,
Will grow old but will never perish,
For you to see; these are our children.
Everyone will dance in starlight and eternity.
Earthly children will also be there.
Too, like us, exchange the temporary with eternity.
To be with our heavenly Namib children forever.

--

--

Mattheus Frederik
Mattheus Frederik

Written by Mattheus Frederik

Experience in Explosives, Fertilizers, Heavy Chemicals and Author. Love People, High Tech, Space and Afrikaans/English Translator.

No responses yet