Een Oomblik In Tyd. Afskeid Van ‘n Geliefde

Mattheus Frederik
3 min readJul 2, 2020

Video: https://youtu.be/Lar4hT9mpzY

Mammie, soos die berg is jy nog elke dag in my gedagte wereld en leef jy nog saam met my. Mammie ek het jou lief! Krediet Monique Naude

Ek was besig om ‘n nuwe pad te maak, naby die rusplek waar my seun Eddie, se ligaam vertoef. Die herinneringe aan hom het my laat dink aan al ons familie en vriende wat ons vooruit gegaan het. Die broers, susters, en ouers was almal daar in my gedagtes, asook ons Mammas. Ek het weer besef hoe belangrik ons Mammas was en die eer wat ons altyd aan hulle moet bring.

Om voort te gaan in die lewe na die afsterwe van ‘n geliefde is ondraaglik. Alles het verander. Die eenvoudige dinge wat eenmaal deel was van elke dag, is beëindig, en om een voet voor die ander te sit, voel partykeer onmoontlik. Daar is nie ‘n antwoord op “Ek het jou lief nie” of iemand wat jy kan vashou nie. Die nagte is lank en eensaam, maar selfs al het elke deel van die lewe verander, vervaag die liefde nooit nie. Die lieflike herinneringe wat ons met ons geliefde gedeel het, bly bestaan.

Mammie

Ek is lief vir jou,
Maar nou is daar slegs stilte.
Jou teenwoordigheid is altyd daar.
Asof jy nooit weg was nie.

Ek hoor nog die vertroosting in jou opinie.
Die geluid van jou stem is sag.
En weerklank uit die verlede
En volg my waar ek gaan.

Jy is steeds langs my,
Maar ek kan jou nie vashou nie.
Die die rede waarom God jou geneem het
Is moeilik om te verstaan.

Somerdae is baie kort.
Nagte net te lank.
Drome getuig van verlies
As die een wat jy lief het, verdwyn.

Ware liefde gaan nooit weg nie.
Dit brand soos die son.
Alhoewel Mammie, ver weg is,
Gaan die herinneringe aan en aan.

Jou gees het nooit gesterf nie
En skyn soos die sterre.
Ek weet jy woon in die hemel,
Maar Mammie, leef in my hart.
My lieflike vlinder.

One Moment In Time. Saying Goodbye To a Beloved.

Video: https://youtu.be/RawE7mwXTa4

Mamma, like the sun, sea and sand you are always in my memory. I love you, mom! Credit Monique Naude

I was making a new road, near the resting place where my son, Eddie’s body was pausing. The memories of him made me think of all our family and friends that have gone before us. The brothers, sisters, and parents were all in my mind, as were our Moms. I again realized how important our Moms were and the honour we always have to bring them.
To go on in life after the death of a loved one is unbearable. Everything changed. The simple things that were once part of every day have ended, and sometimes putting one foot in front of the other feels impossible. There is no answer to “I love you” or anyone you can hold. The nights are long and lonely, but even though every part of life has changed, love never fades. The sweet memories we shared with our loved ones continue to exist.

Mamma

I love you,
But now there is only silence.
Your presence is always there.
As if you were never gone.

I can still hear the comfort in your opinion.
Your soft voice.
Echoes from the past
And follow me wherever I go.

You’re still next to me,
But I can’t hold you.
The reason God took you
It is difficult to understand.

Summer days are brief.
Nights just too long.
Dreams bear witness to the loss
If the one you love disappears.

True love never goes away.
It burns like the sun.
Even though you are Mamma, far away,
The memories go on and on.

Your spirit never died
And shine like the stars.
I know you live in heaven,
But you, Mamma, live in my heart.
My lovely Butterfly

Author: I wrote the Afrikaans verse and then translated it into English as a tribute to all my English-speaking friends. Mattheus Frederik

--

--

Mattheus Frederik

Experience in Explosives, Fertilizers, Heavy Chemicals and Author. Love People, High Tech, Space and Afrikaans/English Translator.