Die Saffraan Blom.

Mattheus Frederik
3 min readMar 2, 2021

--

Krediet- Internet

Flower of Scotland

https://youtu.be/azkbJSQcvvw

Skrywers Nota: Die plesier van lenteblomme het ‘n eenvoudige manier om my gemoed te verander en my te laat gryp na poësie. Gedig is soos ‘n liedjie en kan my bui oombliklik verander. Hierdie gedig is oorspronklik deur Frances Ellen Watkins Harper in Engels geskryf en sy was ‘n wonderlike persoon wat meer waardering verdien het. Sy was ‘n digter, romanskrywer, joernalis, prominente afskaffer en aktivis vir vrouestemreg. Die Afrikaanse gedig is nie ’n direkte vertaling nie maar is aangepas om die tema en gevoel van die lewe te weerspieel. Om oor blomme te skryf is dieselfde as om oor mense te skryf wat voortplant van geslag tot geslag! Die gedig dra ek op aan al die families wat ‘n geliefde in die pandemie verloor het.

Die Saffraan Blom.

Krediet-Internet

Lenteblom groei uit moederskoot,
heldergeel, pers of wit blomme kroon.
Hulle hoor die suidewind sug.
Gesus deur geruis van die reën;
Hulle weet dat sooi na nattigheid smag.
Om hulle almal weer te sien.
Die sneeu water wat druppel vir druppel

saggies weg vloei

Krediet-Internet

Onder die stille sooi;
Pols die nuwe lewe.
In die lewegewende koue aarde.
Ontwaak die bolplant met heldergeel blomme
En sy trompetvormige lyf (korona).
Ontwaak madeliefie met ‘n geel skyf en wit strale.
Roset met blare vir stralekrans.
Bolvormige sade met donsige pluise en stingels

Met melkagtige bloed van die lewe.

Blomme wat skugter uit sooi loer;
Die nuwe lewe van die somer,
wat ritselend deur hulle vloei;
Dapper hul voorkoppe lig,
Om die landelike son te groet.
Sonstrale wat hulle verwelkom,
Net soos die oggendlug
En versprei oor hul eenvoudige klere,
Ryk prag skoonheid nog afwesig.
Maar angstig wag lieflike blomme,

Om uit valeie en bosse te bars;

Krediet- Die Heer se genade!

In die Heer se regverdige optog,
Was die Saffraan Blom die eerste.
Om ‘n krans van blomme vir die moeder te weef,
Om haar lieflike kop met edelstene te kroon;
En om die weg vir die somer te verfraai,
Waar die nalatenskap van die winter nog rus
En hul geliefde en staalgrys moeder,
Soet glimlag onder die aanraking,
Toe sy getroue kinders herken,

Wat so lief is vir haar.

--

--

Mattheus Frederik
Mattheus Frederik

Written by Mattheus Frederik

Experience in Explosives, Fertilizers, Heavy Chemicals and Author. Love People, High Tech, Space and Afrikaans/English Translator.

No responses yet