“Afskeid van Ousus Aletta Benadie”
Ousus, jy was die oudste kind van Ma en Pa Greyling, wat in 1928 groot vreugde ervaar het met jou geboorte. Jou lewe het baie vreugde gebring, veral saam met die man wat jy as jou lewensmaat gekies het, Slebie Benadie. Alhoewel julle nie kinders kon hê nie, het dit julle verbintenis net sterker gemaak, en julle het liefdevol saamgeleef in Randfontein en die Kaap provinsie. Na ‘n lang tyd in Stellenbosch, het julle besluit om Azalia Hof julle tuiste te maak, waar ons en baie ander familie Lede aangename kuiers by jou gehad het. Jou broers en susters het baie kinders en kleinkinders gehad wat jou baie lief gehad het en jou as ‘n tweede ma beskou het. Baie dankie, Ousus, vir al die herinneringe. Mag jy rus in vrede saam met Ouboet (Slebie), Pa en Ma, Broer Jan, Broer Willem, Broer Piet, Broer Peet, Suster Martha, en al die ander vriende en familie wat vandag saam met jou in die hemel fees vier.
Skrywer: Mattheus Frederik